Salmos 11

11

Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël!

2

Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.

3

As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?

4

Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

5

Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.

6

Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.

7

Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.