भजन संहिता 15

15

'n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?

2

Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;

3

wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;

4

in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;

5

wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.