Psalmen 48

48

'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.

2

Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!

3

Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!

4

God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.

5

Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.

6

Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.

7

Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.

8

Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.

9

Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.

12

Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.

13

Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;

14

let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,

15

dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe.