Psalmen 126
126
'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.
2
Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
3
Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
4
o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.
5
Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
6
Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.