Psalmen 113

113

Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE!

2

Laat die Naam van die HERE geprys word, van nou af tot in ewigheid!

3

Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!

4

Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.

5

Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon,

6

wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?

7

Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;

8

om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.

9

Wat die onvrugbare van die huis laat woon- 'n blye moeder van kinders. Halleluja!