Psalmen 123

123

'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.

2

Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres- so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is.

3

Wees ons genadig, o HERE, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting;

4

meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!