Salmos 130

130

'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!

2

Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.

3

As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

4

Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.

5

Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.

6

My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.

7

Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

8

en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.