Psalms 3
3
'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.
2
o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
3
Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
4
Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
5
Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
6
Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
7
Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
8
Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
9
Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.